0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (15)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 16 of 16 matches in All Departments

Bloed Op die Duine en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Bloed Op die Duine en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale. Erns Grundling noem hom “Namibië se eie Hemingway”. Bloed op die duine en ander verhale is ’n keur uit sy kortverhale wat tussen 1955 en 1963 in Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn het. Die bundel sluit verder die novelle “Koms dans, Klaradyn” in, wat oorspronklik in ’n Seisoen vir Romanse (1966) verskyn het.

Baarde, Briewe En Barmhartigheid (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Baarde, Briewe En Barmhartigheid (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

'n Postume versameling van werk uit die geliefde Namibiese jagter-skrywer se pen. Sy persoonlike geskiedenis en herinneringe vloei kleurryk deur sy byna tasbare vertellinge heen. Op kenmerkende Immelman-wyse word verklaar waarom kameelry geen grap is nie, wonder waarom sommiges ryk is of oud word, waarom mans en vroue verskil, terwyl sy histeriese blik op fotoverhale, handleidings en tikfoute die leser sal laat skater.

Die Groot Sand en Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Groot Sand en Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 8 working days

In Die groot sand en ander stories kry die leser die geleentheid om verhale te lees wat onder meer in Ster, Die Brandwag, Republikein en Huisgenoot verskyn het. Die titelverhaal, Die groot sand, speel af in die genadelose Namibwoestyn waar twee diamantsmokkelaars hul buit gaan haal. Na ’n moordende staptog kry hulle die diamante, maar ’n sandstorm steek op. Onder die gekerm en geloei van die wind besef een van die smokkelaars dat daar net genoeg water oor is vir een man … Trek die koffiekan nader en lees ook oor ’n olifantjag in Angola, oor die vul wat treine gejaag het en die fabel oor die leeumannetjie wat Oukat moes opvolg.

Die Meisie Op Die Bus En Ander Liefdesverhale (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Meisie Op Die Bus En Ander Liefdesverhale (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale, en in Die meisie op die bus ander liefdesverhale blom die liefde tussendeur al die avontuur. Die humoristiese “Ses dooie bees langs die grensdraad” gaan oor twee verliefdes wat eers die jare lange vyandskap tussen hul vaders, wat ook bure is, moet blus alvorens hulle kan afhaak. “Tussenspel op Etosha” vertel die storie van ’n veldwagter wat graag die senator se dogter wil beindruk. Maar dan stel die parkhoof hom lelik in die verleentheid om die kampvuur met allerhande stories oor hom …

Die Groot Maroelas (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Groot Maroelas (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Vroeg een oggend, toe die maroelas nog swart teen die lug afsteek, neem Hans Wagner sy blou Mauser om 'n leeu te gaan skiet wat in 'n slagyster op sy Suidwes-plaas gevang is. Die ongedierte word maklik van kant gemaak, maar onverwags verskyn daar 'n jong leeutjie wat Hans se been lelik seermaak. Die skoot wat na die leeu geskiet word, ruk net sy een oor af en daarna kom die dier weg. Petrus, Hans se veertienjarige seun, sweer wraak. Petrus groei intussen tot 'n jongman. Sal die verhouding wat daar tussen Petrus en die buurdogter Martie, na wie hy eers minagtend verwys as een van "daardie Angolas", tot iets dieper ontwikkel wat selfs storms sal kan weerstaan?

'n Kwartmiljoen Mauserpatrone (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman 'n Kwartmiljoen Mauserpatrone (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Wynand Senekal op Piet Ludeke se plaas aankom om 'n onlangs aankoop van 'n groot hoeveelheid ammunisie te ondersoek, voel dit of hy teruggereis het in tyd. Ses ossewaens, bebaarde perderuiters in kakie en ferweel en gewere en bandeliers kan net een ding beteken: dat daar veel meer hier aan die broei is as wat die Suid-Afrikaanse Geheime Diens vaagweg sou kon raai.

Van Ruacana Tot Rosh Pinah (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Van Ruacana Tot Rosh Pinah (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman oor 'n wonderlike wereld van kameeldorings, rooi duine, leeus, narras, mahangu, kampvure en biltong. Terwyl hy met heimwee terugdink aan die ou Suidwes, kosbare raad aan jagters gee, sonderlinge karakters in herinnering roep en die natuurskoon van Suidelike Afrika op treffende wyse besing, skiet sy rubrieke nie aan humor te kort nie. Soos wanneer hy plaashekke dokumenteer en bevind dat die welbekende – en welgehate – konsertinahek, oftewel die smoelslaner, deur die duiwel geprakseer en deur Saddam Hoessein geïmplementeer is om die siele van goeie Christenmense te versondig. Maar met baie dinge het Doc Immelman vrede. 'Net solank die jagseisoen in die winter open en die kabeljou volgende naweek begin loop.'

Kersfees In Carmona  - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback, Revised edition): Doc Immelman Kersfees In Carmona - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
Doc Immelman 1
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

In ’n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer sy verlede hom op Oukersaand inhaal.

’n Span bankrowers kom hul moses teë in die Chuosberge. ’n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie. En ’n skrywer en ’n beeldskone filmster is gestrand op die Kaitschavlei.

In vyf stories skets Doc Immelman wêrelde waar hardebaarde kan liefhê, helde nog met die vuis kan slaan en kameeldoringbome arabesk teen die laaste bietjie lig van die dag geëts is.

Die Leeu Van Okarusewa (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Leeu Van Okarusewa (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Nie net ontglip die gevreesde maanhaar Tom se jaggeweer keer op keer op onverklaarbare wyse nie – ook in die Stroebel-huishouding draai die duiwel rond en tart Tom se verlede hom telkens in die gestalte van beeldskone Maria Stroebel, wie se huwelik duidelik wankel onder die druk van die boerdery. Hoewel die plaasvoorman, Adolf Freimut, skynbaar die leisels stewig vashou, is daar iets verdag omtrent die arrogante jong Duitser – en ook oom Wolfgang se sekretaresse, June Crosby, blyk ’n slinkse geaardheid agter haar bril en bolla te verberg. Boonop is Theresa Stroebel lank nie meer die rabbedoe-tiener wat Tom van sy vorige besoeke onthou nie, maar ’n sjarmante jong dame met ’n uitgesproke wil … Is die mensvreterleeu werklik die bron van die spanning tussen die Stroebels – of die rookskerm waaragter groter kwaad gestook word? En sal Tom daarin slaag om die dreigende krisis suksesvol af te weer?

Die Wrede Somer (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Wrede Somer (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days
Kurt Mauser (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Kurt Mauser (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

Uit die vroee twintigerjare van die vorige eeu ry 'n lang, lenige Suidwester op 'n groot swart perd die gebied van Afrikaanse fiksie binne. 'n Bebaarde ridder met bree skouers; kampvegter teen ongeregtigheid, 'n vriend van veronregtes en die vyand van swendelaars en booswigte: Kurt Mauser. Kurt Mauser is seker een van Doc Immelman se bekendste en mees geliefde karakters. Hierdie publikasie is 'n heruitgawe van die heerlike avontuurverhaal wat in 1978 vir die eerste keer verskyn het.

Die Buffeljagter (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Buffeljagter (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Hoe toets jy die staal van 'n man wat jou beeldskone dogter van jou af wil wegneem? In hierdie roman word die leser op reis geneem deur Angola se jagvelde, op soek na 'n reuse-olifantbul – maar dis meer as 'n dramatiese jagtog. Avontuur, romantiek en manlike drif, Namibie se ruimtes – dit is die kombinasie waarmee Doc Immelman se vreeslose skrywershand dekades al sy meer as 30 000 lesers gevange hou. Self ’n jagter, skryf Immelman uit eerstehandse ervaring. In sy romans bly die harde verlatenheid van die land noordwes van Suid-Afrika ’n werklikheid.

Die Bul Van Kashimbo (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Bul Van Kashimbo (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

As jy ’n ryk man is wat al jou gesinslede in ’n motorongeluk verloor, behalwe jou beeldskone dogter ... Hoe toets jy die staal van die man wat haar van jou af wil wegneem?

Vyf Waens Na San Pedro (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Vyf Waens Na San Pedro (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Plaas 'n korrelkop beroepsjagter, 'n gierige Portugese streeksoffisier en 'n beeldskone Engelse lady in die ongetemde hinterland van 1896 se Duits-Suidwes; voeg oproerige Ovambo's, 'n bedenklike klein trekgeselskap en twee skarminkel-transportryers in die prentjie – en die toneel is ingerig vir 'n verhaal vol intrige, aksie en 'n tikkie romanse, soos net Doc Immelman dit kan vertel. Die Engelse roos Elize Foxcroft is nie net beeldskoon nie – sy's ook hardkoppig en onverskrokke. Maar wanneer haar skatryk pa as gyselaar geneem en aangehou word deur die Portugese skobbejak Avaro Duarto Gomez, besef sy dat sy vroualleen waarskynlik nie hond haaraf gaan maak nie. Kan Zak Marais, die legendariese beroepsjagter en met ’n afdraande reputasie, 'n groot skuldlas en 'n verlede vol skimme vertrou word om haar te help? En sal die bedenklike klein trekgeselskap die boosdoeners in San Pedro kan uitoorle?

Die Wit Hings Van Die Namib - Twee Verhale Uit Die Ou Suidwes (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Wit Hings Van Die Namib - Twee Verhale Uit Die Ou Suidwes (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die eerste, "Die tuiskoms van Zack Becker", is die aangrypende liefdesverhaal van 'n besondere bywonerseun wat verlief raak op 'n boer se beeldskone dogter en alles in sy vermoe sal doen om haar hand te wen. Die titelverhaal, "Die Wit Hings van die Namib", vertel van hoe die verstrooide en geleerde doktor Robert Tredoux 'n safarileier, Fanus Brink, opkommandeer om hom en sy twee mooi dogters die onherbergsame woestyn in te vergesel, op soek na tekens van 'n wit spookperd wat volgens legende in die Namib woon en besoekers verwilder. Alles verloop egter nie glad in hierdie geheimsinnige diamantwereld nie, en die spanning laai op wanneer 'n vliegtuig met twee verdagte mans naby hulle neerstryk.

Die tyd van die klippe (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die tyd van die klippe (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 4 - 8 working days

Markus Dreyer was veertien dae op pad uit die suide waar sy ouers vermoor is, en in die Oppermans se groot voorkamer moet hy hoor dat sy oom, die enigste familie wat hy oorhet, 'n perd gesteel en verdwyn het. Toe Opperman, die jagkoning onder die Angolaboere, hoor dat Markus ook gejag het, besluit hy dat Markus moet bly. Miskien was dit die meisie met die koperbruin hare wat vir hom die deur van Opperman se huis oopgemaak het, wat Markus laat besluit om dan wel te bly. Miskien is dit net van nie weet waarheen verder nie? In elk geval sien hy die jagekspedisie saam met haar pa die kans om te verdien en weer selfstandig te raak. Hy het nie besef dat dit nie slegs 'n kwessie is van olifante doodskiet nie. Hy moet nog agterkom watter houvas Opperman op sy jagters het, en party van die teenkanting teen hom het hy nog glad nie verstaan nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Deadpool 2 - Super Duper Cut
Ryan Reynolds Blu-ray disc R54 Discovery Miles 540
Bostik Glue Stick - Loose (25g)
R22 Discovery Miles 220
Moon Bag [Black]
R57 Discovery Miles 570
Docking Edition Multi-Functional…
R1,099 R799 Discovery Miles 7 990
Bostik Easy Tear Tape - (12mm x 33m)
R24 R20 Discovery Miles 200
High Expectations
Mabel CD R59 Discovery Miles 590
Fine Living E-Table (Black | White)
 (7)
R319 R199 Discovery Miles 1 990
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Farm Killings In South Africa
Nechama Brodie Paperback R335 R288 Discovery Miles 2 880
JCB Soft Toe Slip On Safety Boot (Desert…
R1,059 Discovery Miles 10 590

 

Partners